Pous Urbanus VIII

Pous Urbanus VIII
Geboortenaam Maffeo Barberini
Pontifikaat begin 6 Augustus 1623
Pontifikaat eindig 29 Julie 1644
Voorganger Gregorius XV
Opvolger Innocentius X
Gebore 5 April 1568
Florence, Italië
Sterf 29 Julie 1644
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Urbanus

Urbanus VIII was die 235ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1623 tot 1644. Hy was die laaste pous wat gewapende stryd gebruik het om die pouslike gebiede te vergroot. Hy het die kunste bevorder en die kerk se sending hervorm. Die groot geldelike skuld wat hy egter gedurende sy pontifikaat opgebou het, het die pousdom verswak omdat sy opvolgers weens gebrek aan fondse nie die militêre en politiese mag in Europa kon volhou nie. Urbanus was ook betrokke by die konflik met Galileo oor die heliosentriese stelsel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy